Your first subscription should arrive in your post box 6 - 12 weeks after placing your order. If you do not receive your magazine, please contact us immediately. In elke maand se uitgawe kan jy verwag om deeglik nagevorste artikels te kry oor jou kind se ontwikkeling, slaapkwessies, voeding, swangerskap, borsvoeding, geboorte, gesondheid en ouerskap. In die afdeling Mensies wat Groei word indiepte gekyk na jou kind se gesondheid en ontwikkeling in sewe ouderdomskategorieë. Daar is ook ‘n leefstylafdeling spesifiek vir ouers, met vinnige resepte wat die hele gesin sal bevredig, dekor vir wanneer die nesmaakinstink inskop, geldsake, lewensafrigting en inspirasie vir ma’s. Verder sal jy kan ontspan en lekker lees aan ware verhale van ongelooflike ouers wat ongelooflike dinge doen (soms hartseer, soms vrolik), bekendes en hul babas, en rubrieke wat die lagspiere kielie. Daar is ook fantastiese kompetisies om aan deel te neem en ons wys gereeld wat alles nuut is op die mark wat jou lewe as ouer lekkerder en mooier kan maak. Baba & Kleuter se lesers is intelligente, besorgde mense wat die regte keuses vir hul kinders wil maak. Baba & Kleuter se waarborg: Jy gaan soos ‘n beter ouer voel as jy klaar gelees het. If you would like to renew your subscription for Baba & Kleuter magazine, all you have to do is place a new order.
|
![]() ![]() |







